DIE
HITS (2002/2003) |
'n
Amptelike Greatest Hits toer wat van middel 2002 tot begin 2003
plaasgevind regdeur die land, en dit was 'n groot sukses.
Songs soos Dom Dom Dominee, Feetjieland en Stars on 45 is almal
herverwerk deur Sean Butler om dit moderner te laat klink,
en drie dansers het die show 'n huppel in die stap gegee.
Die stand-up het gekom uit shows so ver terug as Small Talks tot
en met DiMensie
TERUG
BOONTOE
|
|
DIMENSIE
(2001/2002) |
Die
mees kontroversiele show (tot dusver) weens die Godsdiens inhoud.
Tydens die heel eerste show was die audience doodstil
toe ek begin praat oor mites en godsdiens en SuperMan se verhaal
met die van Jesus vergelyk. 'n Paar maande later plaas Beeld
'n soortgelyke artikel en nie 'n haan kraai nie!!! Mense lig my
per email in dat my loopbaan verby is en dat ek 'n "vieslike"
show het.
Die show is op DVD - ek dink dit was sy tyd (vir Suid-Afrikaners)
ver vooruit, en mense sal nou eers begin verstaan wat ek
actually bedoel het.
Daar was VIER dansers saam met my in hierdie aanbieding.
Musiekverwerking deur Didi Kriel.
TERUG
BOONTOE
|
|
LAAT
DAAR LAG WEES (2002) |
Die
landswye toer van laatdaarLAGwees was 'n enorme sukses.
Dit was die eerste show waarin daar twee dansers was (Shannon en
Liesl).
Die tema van ewolusie (natuur vs kultuur) staan sentraal in hierdie
produksie.
Patience se skets "Hoer Ry die Boere" en Jaco/Jacomien
met die PeNeus (Goorblad skets) kom
oorspronklik uit hierdie show (lg twee sketse is later ook gebruik
in die CasperRasperShow).
Musiekverwerking deur Didi Kriel en Andrew Roos.
 |
Binnekort
te kry op DVD |
TERUG
BOONTOE
|
|
TOET
EN TAAL (1999) |
Hierdie
show was sigbaar en hoorbaar geinspireer deur my eerste besoek aan
DisneyWorld. Die vertoning einding selfs met die liedjie
"When you wish upon a star"! Die tema VERLEDE en TOEKOMS
word verteenwoordig deur twee standbeelde op die
verhoog (die Engel en die Alien).
Een van die hoogtepunte van hierdie show was die video skets waarin
ek Noot vir Noot speel met Johan Stemmet (op die regte
Noot v Noot stel)
Ek hoor ABSA het dit oorweeg om my te sue oor die "ABSES"
verwysing na hulle in Noot vir Noot.
Musiekverwerking deur Didi Kriel.
 |
Binnekort
te kry op DVD |
TERUG
BOONTOE
|
|
WETTER
(1998) |
Die
eerste "duur" one man show, met videosketse, 'n redelike
groot stel en imponerende beligting. Dis hierdie show wat die woord
"poespas"
op die poster gehad het, en verbied was in Pretoria. Daaroor word
toe later breedvoerig gepraat in Toet&Taal.
Ek hoor McDonalds het dit oorweeg om my te sue oor die "McDonalds
McDonalds" skets.
Musiekverwerking deur Didi Kriel en Deon Roberts
Te
kry op DVD
TERUG
BOONTOE
|
|