|
||
CASPER RASPER SHOW 2 | ||
dag cas.ek wil net se bettie bouwer se boude.sy's lekker faktap hoor.bietjie common ook.hel sulke pretentious mense gee my 'n pyn in die gat.dis sulke tipes wat in die toilet op die loslyf sit en drewl en sondae in die kerk vir die dominee sit en drewl.ag nee nee hoor , dis nie hoe die dinge werk nie ne ? ek kyk te lekker dinsdae aande,ek drink eers my slaappille na die show en voel en lyk woensdae oggende soos 'n bolletjie beeskakkies ,but ag what the heck , ek het tog 'n lekkerder tyd gehad as mevrou baas wat die hele aand moes spyker teen haar wil . ha ha ha. ek wens die bettie bouwers in die wereld wil almal dood neerslaan sodat dit beter kan gaan in ons land.for crying in a bucket,daar's mos fokken genoeg in die werld om ons almal tot suicide te dryf.g'n fokken wonner 'n jong spring chicken soos ek is al gehook op prozax en tranquilizers nie. sien jou dinsdagaand , selle plek , selle tyd tarra k.
Hallo Cas.... Ek is 'n mamma met 3 dogtertjies (12, 9 en 7) en ons is van Standerton. Ons is GEK oor jou!!! Ons kan nie wag vir Casper Rasper op Saterdag aande nie, my kinders neurie al jou "plak 'n palm" en selfs "osteoperose"!!!! Ek dink jy is ontsettend talentvol, en ons geniet jou vlymskerp humorsin verskriklik. Jy moet asseblief nie verander nie, al dêm die tannies jou uit en als. Ons "vang" jou grappe en geniet elke een. My hoogtepunte was jou skets van die skoolseun in jou ou skool, jy en Nataniël, daai netbal verdediger, en heng, eintlik als. Ek ry so in my motor dan begin ek net te lag, uit my maag, oor jou dinge!! Jy is vrek oulik en jy moet bietjie Secunda of Standerton in jou toerprogram insluit, ons MOET JOU SIEN LIVE!!!! Baie liefde Irma Viljoen
cassie-----jy het so baie gespot met die ou groot krokkedil dat jy (on)-willekeurig ongelooflik baie soos hy begin lyk !!! Ek vind dit skreeusnaaks........ byna soos die troeteldier look-alike ..... So pasop.....ons geniet die rasper show ,maar ook net-net ....grens aan boring....Hans Ek geniet jou show MOERSE!!!!!!!!!! BAIE!!!!!!!!! . Geniet jou dag en ek sal nog stuur as ek dink jy gaan dit geniet. Groete Mariè. Hi Casper Ek wil net vir jou sê, ek is mal oor jou show's. Dit is briljant. Ek het nog nooit so iets gesien nie. Jy moet aanhou. Ek hoor jy sê die reeks is amper verby. Moet net nie te lank wag met die volgende nie. Laat weet tog bietjie of mens nie die show's op tape kan koop nie. Ek probeer almal opneem maar dit is nie altyd moontlik nie. Lekker bly Hamilton Oertel < Beste Casper Ek geniet die Casper Rasper- show baie. My seun, William, (13 jaar), sê ek moet vir jou vra om asb. weer die "moffie" op te voer wat die letter "T" so prominent aan die einde van sekere woorde uitspreek. Ek sluit ook 'n komiese foto in wat jy op jou program kan wys. Groetnis André Korkie Hallo daar Casper, Ek weet nie of jy al e-mail uit Namibia gekry het. Well, hier kom dit. Ek wil net vir jou laat weet jou "CASPER RASPER SHOW is puik. Ons het nogal lekker gelag oor jou boodskap vir ons president . My dogter van 4 , geniet ook die show. Sy verstaan soms nie hoekom ons lag nie , maar sy lag maar saam. My dogter ken ook al die kenwyse van die show en sing dan sommer lekker saam. Hoop dat ons nog tonne "Casper Rasper Show's kan sien", verskoon die engels maar dis al hoe ek dit vir jou kan sê: "KEEP UP THE GOOD WORK" !!!!!!!!!!!!!!! Groetnis Mickey Hallo Grapgat, Baie Dankie vir jou lekker show, die Casper Rasper Show, ons geniet dit terdee. Maar ek hoor nou jy is amper klaar met die show? Gaan dit weer terugkom of nie? Nou wil ons ook net weet voordat jou show klaar is wat het geword van JAK/JACO/JACOMIEN? Jy kan mos nie dat ons wonder wat het geword van hom/haar ons wil weet. Groete hier uit Richardsbaai Amelia HALLO MY OU SEXY MANNETJIE. EK IS BAIE SPYT DAT SATERDAG DIE 23STE DIE LAASTE VAN JOU CASPER RASPER SHOW GAAN WEES. WIE GAAN DAN OP N SATERDAGAAND VIR MY SO LEKKER LAAT LAG?????? EK HET N TAPE GELEEN BY N VRIENDIN WAAROP JY STOOT VIR STOOT GEDOEN HET EN TOE EK SATERDAG WEER NOOT VIR NOOT KYK EN EK HOOR DAAI MAN Sê "HY JONG" TOE CRACK EK. VOORSPOED MET ALLE SHOWS WAT JY AANPAK. EK SAL SO NOU EN DAN VIR MY "CASPERTJIE" MAIL. LEKKER BLY ELMARIE Hi aan die beste Suid-Afrikaanse comedian ooit!! Kyk ek wil nou nie soos 'n excited Backstreet Boys fan klink nie, maar ek moet net vir jou sê hoe baie ek al jou shows en goed geniet. Die lewe sou regtig so dull gewees het daarsonder. Ek bly in Kuilsrivier, daar waar Nataniël gebore is, en ek het jou laaste show "Laat daar lag wees" by die Nico gaan kyk en dit was exelent gewees! As jy nou besluit om weer 'n show te hou kom asseblief eerste Kaapstad toe, jou fan-club se hoofkantore sit hier in Kaapstad. O, ja, daai kiekie van jou hond is nogal cute!! Ons hoor weer van jou, nè! Wel tot dan moet jy soet bly en nie te veel op die PAC (People Against Casper) se nerves werk+ nie!!!!!!1 BAAAAI!!! Lovies Jou grootste aanhanger Anita Hello Casper! Ek is SO 'n groot fan van jou.ons mis nie 'n episode van die Casper Rasper show nie. Ek dink jy's die snaakste persoon op aarde! Ek en my broer maak elke dag jou grappe na. Ons se al die goed wat jy altyd se. Ons maak ons familie mal! lol Maar ek wil vir jou 'n guns vra. Maak asb jou eie version van The Jerry Springer Show? Ek haat dit, dis so fake. Ek kan nie glo daar's actually mense wat dit kyk, EN glo dis waar nie. Ek weet jy sal dit excellent kan namaak. Hoekom kom doen jy nie 'n show in Namibia nie? Dit so cool wees. Ek en my broer sal definitief kom kyk. Ons dig jou shows! All right, guess that's it. Cya, Leana Dringende aandag: Die "Casper Rasper Show" verdien nominasie vir die toekenning vir die swakste TV show in die ganse w^ereld. Dit is veronderstel om "volwasse vermaak" te wees, maar die intellektuele en vermaaklikheidspeil daarvan (ofskoon nie die taalgebruik nie) is kennelik gemik op sesjariges. Dit is swak, man, swak.... Feeble, simpel, kinderagtig. Saterdagaand se openingsnommer met die twee dansende vroumense met die dik bobene laat my dink aan Sarafina. Die "Jerry Hat-Tricks" is 'n vernedering vir die ou tannies wat daaraan deelneem. Kan mens so common wees? En Boetie Abel is self 'n regte Poepol - hy hoef dit nie te s^e nie. Die storielyn is eenvoudig en amateuragtig. Casper self mag lyk soos PW Botha, maar hy kan nie uitstyg bo die vlak van rioolhumor nie. En die gedurige sinspelings op en na moffies en diesulkes met afwykende seksuele neigings is om van te walg. Kan julle niks beter opdis op spitskyktyd op 'n Saterdagaand nie? Ag nee wat. Hi daar Casper. Ek skryf net vir jou die briefie om vir jou te sê dat ek en my vrou jou show baie geniet en dat my kind mal is oor jou inlydings lied(die palmliedjie). Ons kan nie wag tot 'n saterdagaand wanneer jou show op die tv is dit is absoluut fantasties. Ek wil net vir jou sê dat jy al daardie mense net 'n Ig(ignore) moet gooi wat dink jou show is nie die moeite werd om na te kyk nie. Hulle moet ontwaak uit hul eenvoudige lewe en 'n bietjie saam lag (het hulle nie geweet dat lag die beste middel is wanneer jy siek is, as hulle seker 'n bietjie meer lag sal hierdie land van ons ook 'n beter plek wees. Groete David Oelofse P.S Hou so aan en wys hierdie ou grys dooie geraamtes hoe om 'n bietjie te lag Ons is absoluut mal oor die Casper Rasper Show en sal dit graag wil bywoon. Hou so aan, ons is mal oor jou. Jy's die snaakste witman op aarde! Hou so aan! Groete André Black Kokstad ( jy weet seker nie waar dit is nie! - iewers in Natal - langs Franklin en Cederville ) Hi Casper Eerstens wil ek net vir jou sê baie dankie dat jy ons so vreeslik baie laat lag.Daar mag wel paar mense wees wat dink dat jy vulger is,maar vir hulle het ek so `n paar woorde te sê:JULLE MOERE.Ek dink regtig jy is moerse great. Hansie Hey Casper! Eerstens baie geluk met die Casper Rasper Show, dit is great. Plaas daarvan dat ek elke Saterdagaand uitgaan bly ek nou by die huis en kyk ek die Casper Rasper Show!!! Ek weet dat as 'n mens iets nuuts aanpak wil 'n mens altyd ander mense se idees en kommentaar hoor en dit is hoekom ek hierdie email vir jou stuur: Al wat ek teen die show het sover is die feit dat daar te veel musiek betrokke is. Ek weet dat jy baie erg oor jou musiek is, maar ek dink dat die show meer gebalanseerd kan wees, bv. die show word geopen met 'n song, die legendes is 99% sangers, dan is daar die Jerry Hatricks, 'n sanger en 'n band van die week. Net 'n idee, use it, don't use it :) Verder dink ek die show is great. Jy gaan altyd die klomp kla potte hê, maar die meerderheid gaan jou ondersteun en ek is ook so 'n lojale ondersteuner. Ek bedoel as ons dominee (Amanda Strydom se broer) op jou show kon wees, kan dit mos nie so erg wees nie :O Dan het ek ook die gewoonte, soos duisende van jou ander ondersteuners, aangeleer om net soos jy oor dinge te praat en uitdrukkings aan iets te gee (my ma hou natuurlik nie daarvan nie!) en baie keer is dit vir my nogals snaaks en daarom wil ek 'n paar van my eie sê goeters vir jou gee wat jy dalk sal wil gebruik - ek kan net dink as 'n mens elke week 'n show moet hou sal 'n mens nogals grappies kort. Wel hier is my bydrae (ek brei nie te veel uit nie, ek los dit aan jou oor!): * Tussen Johannesburg en Pretoria op die Highway is daar 'n bord wat die uitdraai wys vir die "Ou Johannesburg Pad" en ek het net gedink dat jy nou kon dink dat dit die pad na die ou Suid-Afrika is - 'n crime free city. Hoe jy opgewonde word daaroor dat jy na die ou suid-afrika toe gaan en net soos wat jy by die robot stop blaas hulle jou of so iets.... * En dan tweedens ry ons nou die dag Kestell binne en by die eerste afdraai is daar 'n bord wat sê: " VARS KOEKE -> " Verder vertel ek nie wat ek gedink het nie - ek los dit aan jou oor. "Fok, ek het nie geweet daar is 'n hoerhuis in Kestell nie!" Ai, ek het so baie gehad, maar dis al aan wat ek nou kon dink. Ek sal weer vir jou van my idees stuur as dit weer by my opkom, figuurlik opkom!!! Hou aan met jou great werk - jy sit bietjie die humor terug in ons droë nasie. Het jy al ooit daaraan gedink om mense in Engels te vermaak en jou werk oorsee te bemark, want dit is 'n baie groter getal mense! Alhoewel daar nie so 'n lekker kragwoord in Engels is soos FOK en Afrikaans nie :) Groete Marnus Broodryk Hi Casper Ek weet jy is baie besig op die oomblik en daarom wil ek nie baie van jou tyd mors nie - sodat jy weer dadelik aan die werk kan spring om my en die hele Suid-Afrika [wel die wat nie so donners uptight/verkramp/skynheilig en stupid is nie] te laat lag. Dit is vir my so verstommend dat die mense voor jou show gewaarsku word oor die "inhoud" daarvan en wat om te verwag, dit in elk geval kyk en daarna voel asof hulle "gerape" is en JOU nogsteeds die skuld probeer gee daarvoor. As dit lyk soos kak en as dit ruik soos kak dan is dit mos kak en dan trap jy bo-oor dit anders trap jy mos in die kak (asseblief as ek van kak praat bedoel ek nie jou show is kak nie - it's a figure of speech). Die ergste van alles is dat dit die mense is wat gewoonlik heel voor in die kerkbanke sit wat saans hulle "tiervel leotards" aantrek en hulle Hustlers uit die kaste haal, hulle vrouens 'n bietjie rondklap of vir Katie en Katryn daar onder in die beeskraal gaan knyp en hulle vra om te help met die "melkery" wat die eerste is wat hulle hoog heilig hou - ek weet waarvan ek praat want ek kom van 'n bitter klein plek met die naam Aurora af waar die tannies nog Sondae hoede kerk toe dra. Ek dink, soos ek al vir jou meer as een keer gesê het, jou shows is great en jy is die beste. Omdat ek nie 'n DISH het nie het ek iemand gevra om die Casper Rasper Shows vir my te tape - en ek het die afgelope naweek hulle almal gekyk van die eerste show af. Ek dink dit is puik. Legendes en idole en veral band van die week en natuurlik jou sketse met die gas is "superb". Die trane het gerol toe ek jou skets van Chucky saam met Sharleen gekyk het - FOKKEN FANTASTIES is al wat ek kan sê!!! Dat iemand met jou talente eendag na die wurms moet gaan. Jy sal maar moet shows doen totdat jou koppie (hoof) bewe want as dit nie vir jou shows was nie het ek al drugs oorweeg. Die Casper Rasper Shows is 'n lekker fix - maar ek kan regtig nie meer wag vir jou nuwe show Capser DiMensie nie. Hou ons tog op hoogte wanneer dit gaan begin. Intussen - keep up the excellent work en ons hou jou dop elke Saterdagaand. Lekker werk Suretha Hi, Casper. Ek wil nie vir jou sê dat al die idiots wat nie van jou show how nie, die selfde moet gaan doen as wat jy twee weke gelede vir die ouderdom gesê het om te doen... Ek dink in elk geval jy ''ROCK" al sê jy nou en dan Fok... LOL Ek dink ook nie jy praat `n klomp gemors nie want jy sien partykeer dinge raak wat mens nogal laat dink...soos jou liedjie oor die 'liefde' (Fok jou meisietjie). Dit is nogal die waarheid dat jy sê mense sing altyd 'kom terug na my' waar jy liewer wil sê 'go away'... Sien uit na die volgende rasper show... Andries. Hoe lyk dit Ek wil net sê jy is fokken snaaks en is basies al waaroor die kinders in my skool praat.Ek elke show van jou op video en skeur my self as ek en vriende dit kyk. Die onderwysers jy is walglik maar ons nie. Waar kan ons bookings doen om jou te bespreek want my suster gaan binne kort trou. Alles wat jy sê is fokken waar oor ons land en dit erken ek. Sien jou Lank lewe Casper Van die witboer Hennie Hallo Casper Ek is 'n Casper Rasper Slaaf. Ek en my beter helfte geniet elke oomblik van jou shows op die tiewie en lewendig. Ons kan nie wag vir jou nuwe show in Augustus nie. Na aanleiding van jou opmerkings oor die mense wat die goed so smous by die robotte - een van hulle het eendag 'n "hands-free" affêre en sakkies aan ons probeer verkoop. Hy het sy hele "sales pitch" soos 'n meester gelewer deur die venster en na die hele relaas, pie my man op sy battery deur te sê: " Ek het nie 'n foon nie" Die uitdruking op sy gesig was "priceless" Dit is asof sy hele gesig skielik 'n ton swaarder geweeg het. "Meanwhile" sit ek met die foon lewensgroot op my skoot in die passasiersitplek. Ons giggel nou nog daaroor wanneer een ons betrek by 'n robot. Dankie dat jy die volk so vermaak, ons WAARDEER DIT. Hou net aan en aan, ASSEBLIEF. Monica ( Nie Lewinsky nie Hi Daar Ek is bly om darem nou weer 'n "ordentlike" afrikaanse program op TV te sien. CasperRasper is great!!! Ek wil graag die CasperRasper website besoek by www.kyknet.co.za maar ek is nou nie 'n M-web subscriber nie so ek kan noun niks van CasperRasper beleef op die internet nie - behalwe nou vir mwebauctions. Wil jy nie asb iets probeer doen om dit vir almal moontlik te maak om die werf te besoek. Nog een vraag: Ek weet dat al die shows reeds vol bespreek is, maar is daar nie dalk 'n stoel of twee wat leeg staan nie? Groete Willem Cronje' Hi Casper Ek besef dat een "fan - mail" seker nes 'n ander lyk en dat almal dieselfde kak kwytraak maar , EK IS BESLIS JOU GROOTSTE FAN ! Ek kan nie meer Saterdae aande uitgaan nie want ek moet Casper Rasper kyk (nie dat ek kla nie ... ) "JA _ NEE _SKEEF" was fantasties ! Meer MARA asseblief ! Vind aangeheg 'n oulike kiekie ... Groete Tracy Hi Casper, Ek is nie Iemand wat mal is oor Fan mail stuur nie. Tog dink ek en my vrou jy verdien 'n groot dankie. Dis moerse wat jy so stil stil vir ons kultuur en taal doen. Fans van jou since 1992 en volg alles wat jy doen. Dis great. Thanx. Groete Petrus en Retha Hi Casper Ek moet jou geluk wens met jou program op KykNet. Ek het self nie DSTV nie maar my ouers wat op Nelspruit bly neem dit getrou elke saterdag aand op en ek kyk dit dan as ek van Pretoria vir hulle gaan kuier kyk ek dit dan. Net een ding wat ek mis is jou "live" show, en ongelukkig is al die kaartjie uit vir die opnames. :-( Wanneer gaan jy weer met jou shows begin? Paar weke terug het jy oor moffies gespot. Ek het dit baie geniet. Ek is self gay en gelukkig kan ons moffies oor hulle self lag. Dis die probleem met die samelewing. Mense lag te min. Vriendelike Groete Corné Hi daar ek wil net sê ek is mal oor jou show op die ou skotteltjie en die site is very nice laggies Tiaan Enuuuu... hallo oom Kallie ag ek bedoel Casper, dit is Ruaan en Gerhard hier. Ons is baie dankbaar dat daar nog iemand in hierdie donker matrieklewe is wat ons kan laat lag. Ek, Ruaan, hoor jy is op soek na die beste Chardonney, wel my py is 'n wynversamelaar en hy sê dat jy dit op die plaas Hamilton Russel kan koop in Hermanus. Ons hoop jy kan daar uitkom as jy weer in die Kaap kom, ag ek bedoel as jy die Kaap weer besoek . O ja, hoe vind ons uit van jou shows hier in Durbanville, want ons het 'n voëltjie hoor fluit dat jy deur High Street Theater by Durbanville gaan kom optree en van dit... Die ouderdom kry ons ook beet... Baai! Hallo oom Hallo oom Casper ek kyk baie na oom se shows vir al die Caper rasper show. Ek Laat daar lag wees in Vereeniging gaan kyk. Die Jerry hat triks is nogal cool. Oom moet my asb. terug e-mail op theord@m-web.co.za .My vrinde hou ook van oom. My naam is Lafras GOOD BYE Casper, Jou rasper is 'n wenner; selfs my 7-jarige tweeling kan nie wag vir die show nie. Hulle geniet die snaaks sonder om te toi-toi oor die aanvullende klanke; nogal 'n baie intelligente houding sou ek dink. Dit mag miskien juis 'n rede wees om bietjie na kinder verhale te kyk, bv. ( lees ek in hulle gr.1 boeke): Die Dalmasier(!) was so opgewonde toe hy die "dame" hond sien, hy ruk en pluk aan sy riem! Dit klink vir my oom Kalimarie mag iets hieroor te se he. Is dit moontlik om jou wonderlike vers oor die ouderdom te kry? Is daar Video's te koop van die rasper show? Doen asb. meer dominee nabootsings- dit is nou die vals stem en skynheiligheid. Groete, Charles Hello!!!! Ek luv jou moerse baie Casper!Ek het ongelukkig jou eerste Casper Rasper gemis want ek was oorsee saam met die skool en toe laat dink jy my aan jou toet en taal vertoning toe ek in Disneyland was.Maar daar is moerse baie afrikaners in Londen so ek het feitlik rerig my hol gesien want ek het baie geskinder en toe geskrik toe van hulle omdraai en trug afrikaans praat.Maar ek luv jou en jou shows en my ma hulle ok en ek MOET na Casper Rsper kom kyk en ek bly gelukkig in Pretoria so ek sien jou Casper, Maar sal jy eenkeer plzzz n band kry soos Brasse vannie Kaap of something!Okay ek is besig om n project oor jou te doen vir skool so ek moet seker maar aangaan ne! LUV JOU CASPER!!! HOU AAN ASS KICK!!! MARIANKA ELS Hi Casper!! Baie dankie dat jy Saterdagaande voor die TV iets opwindend maak. Ek en my man geniet die CasperRasper show vreeslik, my man freak totally uit oor jou en mis NIKS wat jy doen nie. Sy HEEL favourite karakter is Frikkie (wat nie Pamper kan eet nie) en hy smag om hom miskien op die CasperRasper show te sien.......... (leave the thought with you...). Groete uit die Kaap en dankie dat jy 'n een-uit-'n-miljoen vermaker is!! Tanja Engelbrecht Kyknet is 'n cool plek net vir een rede jy is daarop. Thanx vir die CASPER RASPER SHOW !!! Ek sê groet my...vat 'n palm want 'n palm is baie lekker warm. Ek wil graag ok 'n kunstenaar word soos jy, waar het jy begin en is dit lekker om meeste mense tevrede te stel. Behalwe al die ou mense soos Hina, Fina Jane, Dollie en Matie. Hano. Thanx vir alles !!!!!! Hi Casper !!! Ons hier in Swakopmund, Namibia is mal oor jou en jou tv program. Die kinders skuif sommer al vroegaand voor die tv in en skakel oor na "kanaal 8". Dit is tyd dat jy kom visvang hier in ons geweste. Jou website is cool !!! Liefde groete Ona Bothma More, Ons geniet jou show! Jy is iemand wat nie vloekwoorde nodig het om snaaks te wees nie. Al vat jy al die "gekruide taal" weg, is jy nog steeds snaaks/witty. Sommige "kunstenaars" kan net snaaks wees as hulle vloek, m.a.w. die vloekwoord is die hele grap! Dis maar bra vervelig. Die sketse is wonderlik! My eintlike rede tot skrywe: Kan Kyknet nie dalk vir Thabo en Winnie uitnooi om as gaste op Dwarsklap op te tree nie? Groete C.Olivier Port Elizabeth Beste Casper Net nadat ek ophou lag het na vanaand se birthday show moes ek eers vir jou 'n e-mail skryf om dankie te sê vir 'n great program op TV. Ek is nie 'n man wat veel tyd kry vir teevee nie maar ek mis verseker nie CasperRasper op Saterdagaande nie! Ek het altyd hierdie een of ander "gap" in my lewe gehad, nou het CasperRasper dit gevul, en ek kannie wag vir die volgende Saterdagaand se show nie. Net om weer te sê thanx - jou show is BEFOK ! Hou so aan met jou program, jy is my en my familie se hoogtepunt op die kassie! Cheers Christiaan Victor Hi Casper Ons was Vrydag-aand, 1 Junie by jou opname vir jou Casper Rasper Show gewees, en ek dink dit was wonderlik. Ek mis jou program vir niks. Alhoewel ek nie 'n skottel het nie, bel ek elke Saterdag-middag my pa en vra hy moet jou show vir my op video opneem, en as ek vir hulle naweke gaan kuier, kyk ek al die videos. Thanks Marietjie Ons is maaaaall oor jou "show" en ons wil weet waneer is jou volgende "life show". Baie dankie vir al die komedie op saterdag aande!! Your greatest fans! D?an en Vincent. Ps. Verskoon die K_K spelling (dit was aspris). Casper, Ek en my mense like jou en jou show. Jy is my "TONIC" vir die week. Lovies, ANSIE VAN WELKOM Casper, jou Casper Rasper Show mis ons vir niks, as ons gaste kry, vra ek altyd dat hulle net my daai guns sal doen om stil te bly om jou show te geniet. Bly altyd net soos jy is. Groete Benita liewe Casper - dankie dat jy ons ou suur afrikanernasie kan laat lag, die wat te suur is om te lag, wel laat hulle maar smartvrate bly. Jou show saam met Zola was vir my een van jou beste tot dusver, die gesig en die bene!! baie goed. Ja wel van jou shows is common, maar jy erken mos dat jy common is, so is dit dan so erg die meeste common mense erken nie dat hulle so is nie (of weet hulle dit dalk nie). Ek is 'n tannie van 50 en ek laat toe dat my tiener van 16 na jou show kyk, want sy moet ook weet waaroor die werlike lewe gaan en ek voel nie dat dit te bad is nie. Blatante seks stories het jy darem nooit nie en om oor die organe te praat is seker natuurlik en dit is die feite van die lewe. Ek is mal daaroor as jy spot met die politiek en die groot kannone - doet so voort - groetnis van 'n tannie in Roodepoort Ja dit is waar u program is vir my `n uur waar ek kan terug sit na `n week se stres en kopseer en kan ontspan en lag vir die einste dinge wat `n mens so stres en so kopseer gee. Dankie bloody baie dankie Hello Casper Soos jy kan agter kom is ek `n moeeeeeeeeeeeerse groot fan jou program is soos `n sarsie joga en loopmaag dit maak my stelsel oop en vars. Dankie.Dankie ja ek bedoel dankie. Ek is egter bevrees ( en soms bevange) dat een maal `n week neet nie genoeg is - as KYKnet se mense net kyk sal hulle besef dat jy `n lagspier workout gekombineer met `n realty check het - Oprah Winfrey sonder prozac - sies ek beledig jou nou. Skies Meer oor my - Ek is president en lid van verskei jong dinamiese beweging in die nuwe Afrikaaanse samelewing. Een daar van - Die beweging vir mans wat net op een noot kan sing en nogtans `n musiek loobaan het - Jurie (Urie) Els is on voorsitter en ere president. Ek is president van die is Steve Hofmeyer my Pappie beweging - jy het nie dalk Steve se sel nommer nie ?Hy bly die ding verander en ek het al oor die honderd nuwe versoeke van jongmense reg oor die land wat vermoet dat hule dalk van sy saad is. ( of het !! )(Gross!!) Ook is ek lid van die beweging vir jong mense wat a.g.v apartheid ( of die gebrek daaraan ) oorsee moet gaan werk. Dit is `n biiter hartseer saak hoe ons jeug die land uitgepomp word en in haglike omstandighede in ander lande moet werk. Dit alles so dat Mammie an Pappie kan sê , Jannie werk oorsee en daar verdien hy so baie geld. Ja sure I believe the truth is out there - en dit ruik soos bollie - kan jy my help en hierdie saak verder ondersoek - Wat maak al die kinders oorsee ? Is hulle soet en hoe maak hulle geld ? Wat gebeur as hulle terug kom na donker Afrika ? Maar dit is nie hoekom ek jou e-pos nie. Die lewe is so `n wonderlike ding en as `n mens nie daarvoor en ook vir jouself kan lag nie is dit maar saai. Ek repekteer jou en sien wat jy doen geluk - as jy enige negatiewe kritiek ontvang sien dit as `n sukses - jy het nog iemand hulle brien laat gebruik en so baie mense het al daardie funksie verleer. Hou aan jou shows word net beter en jou humor skerper - daar is gelukkig so baie dinge wat snaaks is in ons daaglikse bestaan dat ek glo jy sal nooit uit idees kan raak. Sterkte met al jou nuwe projekte jy is op die regte pad en doen wat jy bestem is om te doen - en al maak dit my jaloers maak dit my ook bly. Your a star - geniet dit Soet wees Gerhard Hallo daar! Ek moet jou sê ek geniet "Die Casper Rasper Show" geweldig. Ek sit letterlik vasgeknel voor die kassie tot hy klaar is. Ek sien Heidi Edeling is gereeld 'n stukkie groente. Jy moet tog vir haar groete stuur ons het 3jaar saam gesing in die Vrystaatste Jeugkoor. Jy sal moet plan maak om jouself te laat rek die ou mense glo mos hoe ouer jy word hoe korter word 'n mens. Ek weet nie waar jy gaan eindig nie ek sweer ons is ewe lank en dis fokken kort nè. Gelukkig kom gif in klein botteljies okay. Sterkte met die show en hou asseblief die blinkkant bo. Groete Elize Hi Casper Ek is een van jou grootste aanhangers! Ek bly op n baie klein dorpie - Jansenville - iewers in die Oos- Kaap. As jy lief is vir biltong en droe wors, kan jy maar kom kuier. Ek wil eintlik net vir jou se: driekwart van hierdie mense "fok" net so lekker soos jy. Die 4 de kwart wil graag "fok", maar hulle is te skynheilig - of miskien regtig heilig. (Ek kon nog nie dit uitfigure nie) Die eerste kwart "fok" voor enige een (ds, ouderling of diaken of selfs voor die hoogsheiliges). Die ander 2 kwarte "fok" net as die dominee en/of sy vrou nie naby is nie. Al die kinders "fok" (veral as die ouers nie naby is nie). Ek dink van hulle se eerste woorde was "fok" i.p.v. mamma. Wat ek eintlik vir jou wil se: FOK RUSTIG VOORT OP JOU SHOWS. Die wat dit nie wil kyk nie, kan mos maar oorskakel na science fiction of iets. Hoe weet hulle in elk geval wat jy alles se? Ek dink hulle tape jou shows en kyk dit skelm!!!!!!! Ek en my familie geniet jou shows. My jongste is 8 jaar oud en ek het nog net haar ore toegedruk vir Pieter Pieletjie! Groete Charmaine Hi Casper
Thanx vir al die vermaak wat jy ons verskaf. Ek en my vrou dink jou shows
is GREAT!!! En de hel met die mense wat dink dit is nie so nie altyd kommentaar
oor alles. Regte suur drolle , wonder waaroor lag hulle as hulle nie vir
seks en politiek kan lag nie. Cheers Andre Horn |